-
-
Oudthoorn skaal 2014
Oudthoorn skaal 2014 was vir my die eerste keer en verseker nie die laaste nie. Die hele byeenkoms was baie goed georganiseer en die pilots was goed beheer DANKIE OUDTHOORN en hul mense en almal van ons wie daar was. Dankie Pierre vir jou foto’s.
DIE MEESTE SKAAL VLIEGTUIE WAT EK NOG OOIT BYMEKAAR GESIEN HET EN MOOOOI.
-
Sondag 31/08/2014
Wel na lank gewag is die nuweling ingebreek maar nie sonder probleme nie. Ai die elendige smokerpomp wou nie saamwerk nie.
Die heerlike dag was fantasties en ons almal het baie lekker gevlieg.
-
Eksklusiewe foto’s
-
Klerksdorp
-
Lime Acres
-
‘n Nuwe begin
Wel soos almal weet is die nuwe aanloopbane nou voltooi en Wynand is besig met beplanning om nou die nuwe strepe te verf. Ons is baie gelukkig en ek hoop dit bly so. Dankie aan almal wat sover hard gesweet het om dit sover te kry. Dit sluit nou die beplanners, werkers, en toesighouers (inspekteurs) en raadgewers in. Raadgewers is nou sowaar die meeste. Maar nogsteeds dankie aan almal.
Nuwe foto is oppad
‘n Laaste kykie na die ou veld.
Saam met die nuwe begin ook nuwe hemde. Smart of hoe, nie die ouens nie die hemde. Die wat nie weet nie hulle is by Werner.
-
Verandering op webwerf
Graag wil ek net vir almal laat weet om te kyk bo aan die bladsy soos byvoorbeeld by gallery en dan verder op die “dropdown box” van u keuse te klik en daar sal julle sien dat die uiteensetting van die foto’s verander het. Al die ander gallery’s sal so verander word. Die laaste een Jet naweek is al voltooi.
Geniet die foto’s. Daar kom nog baie en jammer vir die onderbrekings. Ek werk nog hard daaraan om die webwerf mooi te maak.
Lekker kyk
Hansie